Hallo en welkom!
Stille Waters, Dieper Grond (Wie is Ek)
Hierdie is my storie. Ek moet eerlik wees oor dinge wat in die verlede gebeur
het—dinge wat mense al vir jare laat
wonder het. Wat het regtig gebeur? Ek hoop dalk daar was 'n les te leer. Ja, ek kon, en wil
amper sê
dat ek steeds nie
seker is wat in die toekoms gaan gebeur nie.
In elk geval, hierdie is die eerste poging oor my grootwordjare. Hoe ek, ten spyte van alles, vandag
met 'n glimlag en
baie hoop kan sê dat ek die eienaar van Mensdom Oorlewing is. Ek werk nou aan die skepping van
'n
reddingsruimtevaartuig
en 'n aardbeskermingsbesigheid.
My naam
Hendrik Christoffel Potgieter
Hier gaan ons
gebore: 1983 24 03
Moet vinnig groot word: Ek onthou hoe ek as baba op my rug gelê het, met my oë toe, en kronies gehuil het.
Wegloop van die huis af
Ek het vroeg besef ek is anders. Dit was asof ek die toekoms kon sien, net soos ander mense
die verlede onthou. Dit was
vir my nie vreemd om te weet wat môre, oormôre, of selfs oor 'n paar jaar gaan gebeur
nie.
Ek moes egter nuwe woorde uitdink om dinge te beskryf, want die skool se woordeskat was nie
geskik vir wat ek gesien het
nie. Dis dalk hoekom ek nooit regtig geleer het hoe om "korrek" te spel nie—ek het
die
toekoms probeer verstaan met die
beperkte hulpmiddels wat ek gehad het.
Ek het een keer probeer weghardloop van die huis af, met die hoop dat daar 'n ander lewe
vir
my is. Ek het my tassie
gepak, begin stap, maar net drie kwart blok geloop en omgedraai. Ek het besef dat hierdie
"ander lewe" dalk iets is wat
ek in hierdie een moes bou.
Crèche: 'n Besef van Andersheid
Reeds as kind in die crèche het ek geweet ek is anders. Ek kon dinge van die toekoms sien wat my afgesonder het van ander mense. Ek onthou hoe mense net stil gaan sit en kyk, amper soos 'n raaisel wat wag om opgelos te word. Dit het vir my sin gemaak toe ek die eerste keer TV gesien het—mense in swart en wit, wat beweeg soos skaduwees. Daardie oomblik het ek verstaan dat wat ek gesien het, net 'n manier was om die toekoms apart te hou van die verlede en die hede.
Die "Rye Staan"-Besef
Ek het die idee van "rye staan" ontdek toe ek besef het hoe eentonig elke dag is. Ek
het
begin eksperimenteer met hoe
lank dit sou vat voordat sekere dinge gebeur, soos om aan die voorkant van 'n ry te kom.
Ek
het altyd na die grond gekyk
as ek loop, maar een dag het ek opgekyk en gesien dat ek telkens op dieselfde plek in die ry
eindig.
Ek het toe probeer stadiger loop sodat ek betyds in die regte posisie kon kom as die klok
lui. Die eerste keer het dit
nie heeltemal gewerk nie, want ek het nog steeds af gekyk. Teen die derde keer het ek agter
iemand anders gestaan en
besef hoe die toekoms kan "georden" word.
Derde Persoon
Ek het besef dat my brein nie datums neerskryf of onthou soos 'n kalender nie. Ek kon nie presiese datums invul vir die dinge wat ek in die toekoms sien gebeur het nie, maar ek het die patrone begin herken. Hierdie patrone het my gehelp om 'n unieke manier te ontwikkel om die wêreld te sien.
Oor My
Dit is my beste prentjie van my, toe ek 'n kleuter was.
Gebore 1983 in
"Pietersburg,
Noord Transvaal", in die "Republiek van Suid-Afrika".
Ek is klinies
gediagnoseer met
Skisofrenie.
My diagnose is Skiso-affektief en dit is my storie.
My eerste kleuterskool
Suikerbekkie
Hier (ek aan die regterkant), ek is
deur my onderwysers as 'n hasie aangestel, dis 'n manier waarop hulle kinders in
die
Kleuterskool geklassifiseer het.
Ek kan nie juis
onthou of die kostuum later daardie jaar in 'n konsert gebruik gaan word nie, maar
ek
het voor-skole oorgeskakel kort nadat daardie foto geneem is.
Gradueer kleuterskool
Hospitaal
Hier ontvang ek my sertifikaat om na
die laerskool te gaan.
Die goewerneur van Pietersburg het op daardie oomblik vir
ons die sertifikate oorhandig.
Eerste dag van skool
Noordskool
Daardie dag kon ek nie verstaan waarom ek
'n foto moes neem vir die eerste dag van die skool nie, want ek was reeds na
kleuterskool.
Ek het baie nuwe dinge geleer, soos waar
ons in die wêreld is, linkerhand en regterhand posisies, en die alfabet.
Ek het van
graad 1 tot graad 5 die eerste kwartaal in daardie skool gebly.
Eerste gedokumenteerde visie
De ja vu.
Ek het my ouers gevra om 'n
foto
van my te neem, en het 'n poging gemaak om my vinger te wys.
Toe die foto
geneem
is, het ek skielik visioene van my gehad wat terugkyk
na die prentjie en nie onthou waar dit geneem is nie.
Ek het visioene van my lewe
gehad sedert die vroegste geheue wat ek van my kinderjare.
Drakensberg Seuns Koor Skool
Drakies
(ek ver regs) Tweede kwartaal van
5de graad het ek by die skool aangesluit.
Hier het ek die wêreld saam met die koor
gereis en geleer wat stres is.
Al wat ek oor
die skool gehaat het, was dat dit net 'n seun skool is, sou wou ook meisies hê.
Meisies sou lekker gewees het om te kys en ...
Christian Asley-Botha
Maestro
(tweede ry, tweede van links) ek het begin
om sanglesse by ons koormeester te kry, en dit het my meer solo's in die konserte
gekry.
Ek is in graad 8 uit die skool uit weens
finansiële probleme en huis toe gegaan.
Sing in die Koor vir die President
Ons (Drakies) is in 1994 in RX- en
Puma-helikopters na die bopunt van 'n gedeelte van die Drakensberge opgeneem vir
'n
inhuldiging seremonie vir die nuwe president van Suid-Afrika.
Lewens visioene skilder
Hierdie Tekening, die A4-Tekening, het ek geteken
voordat ek op medikasie vir my Skisofrenie was.
Ek het eers die korrekte medikasie
in 2011 gekry.
Dit is 'n paar visioene saamgestel
in 'n kunswerk, Ek kan jou nie al die visioene vertel nie, maar die meeste van hulle
het
die werklikheid geword.
Ek het mense vandag nog om vir my te sê; dit is net my
brein wat my bedrieg.
Ik Ben Een Afrikaander!